Rugby Champs upside: Boks no longer in a comfort zone

From his Karoo Art Hotel balcony our Afrikaans columnist KAPTEIN KORTBROEK reflects on the Rugby Championship and feels that a buddy-buddy situation between senior players and coaches could be a cause of their bipolar performances. Ek het eenkeer tydens ‘n oefen sessie gesien hoe Peter de Villiers sy moer behoorlik vir Bakkies strip. Verbeel jou dit vir ‘n oomblik; snorre buig agteroor en met daai kenmerklike stem skree hy kliphard voor ‘n klomp mense op ‘n legende wat reeds ‘n wêreldbeker medalje (en medaljes van pretty much alles wat ‘n man moontlik kan wen) in sy kas het. “Bakkies as djy nie nou jou kant bring nie jaag ek jou terug bus toe.” Bakkies het sy kop gesak en gesê “sorry coach” – die gevolg was een van die lekkerste kopstamp sessies wat die media en die handvol Tukkies studente in jare gesien het. Dit was brutaal, maar dit was ‘n senior speler wat die nodige respek aan sy afrigter getoon het. In my ontleding van die senior groep tydens hierdie toernooi is dit veilig om te sê dat meer as ‘n paar manne nie naasteby op standaard was nie – veral nie die agterspelers nie. My vermoede is dat daar ‘n post World Cup budd-buddy situasie tussen die ouer osse en die afrigters ontstaan het. Hopelik het hierdie toernooi dit mooi aangespreek. My hoop is natuurlik ook dat hierdie alles ‘n Rassie move was en dat die planne wat hy in die mou voer volgende jaar bekend sal raak. Verstaan my mooi, ek vergeet nie van die puik werk wat ysters soos Malcolm Marx, Steven Kitshoff, Siya Kolisi, Lood de Jager (meester manne in die enjinkamer) verrig het nie – dis dalk eerder net ‘n kwessie van tyd dat sekere spelers weer moes begin aandag gee aan die basics. Tackle, paas, vang, clean. Die basics boys, die basics! Dit is vanselfsprekend (en ook so in die toernooi bewys) dat dit ‘n breier makliker respek afdwing by sy nuwe troepe aangesien hulle nog ‘n punt het om te bewys. Tydens hierdie Rugby Championship het die jong bokke presies dit gedoen. In retrospek kon Nienaber dalk nog ‘n paar ander youngsters ‘n geleentheid gegee het. Damien Willemse, Jasper Wiese, Jaden Hendrikse, Canan Moodie en natuurlik Kurt-Lee Arendse het behoorlik gekook. Hulle klop aan die deur en as jy ‘n ouer man in die span is, behoort jy vandag te worry. Die hele situasie plaas ook coaching in ons land in perspektief. Ek worry amper meer hieroor as Stage 11 Loadshedding. Dit is asof stats deesdae meer belangrik is. Dis amper asof tegnologie skielik die antwoord tot elke moontlike probleem is. Verloor ons afrigters voeling met die spel? Daar is deesdae baie min a coaches (top vlak) wat nog soos onderwysers gesag sonder die hulp van ‘n IT-geek kan afdwing. Ek praat hier van ouens soos Jake White wat op die veld kan staan en ‘n speler se nuwe kak gewoonte daar en dan kan aanspreek. Sure, die nommertjies is belangrik en die Bokke moes met die aantal line-breaks wat hulle in hierdie toernooi gehad het aansienlik meer gescore het, maar stats vertel ook dikwels nie die waarheid nie. Glo dit of nie. Nog so ‘n afrigter is die voormalige All Blacks man Wayne Smith. Hy het ‘n voeling vir die game wat ‘n computertjie nooit sal verstaan nie. Hy kon byvoorbeeld, dadelik vir die beste losskakel ooit (Dan Carter) binne ‘n paar sekondes laat weet het waar hy sy game moet aanpas. Carter het, unlike ‘n paar van die Bokke die laaste tyd) mooi geluister en sy volle vertroue in die man gestel. Die Bokke se gameplan ook kort (ten spyte van drie agtereenvolgende oorwinnings) ook ‘n serious reboot. Dalk is hierdie een vir die IT-span. “Have you tried switching it on and off again?” Die Bok gameplan was nou al vir ‘n taamlike tyd ‘n oop boek – die Kiwi skrywers noem dit  ‘n robotiese stelsel en hoewel dit baie effektief was, het ons nou gesien dat die paw-paw die fan tref as alles nie 100% in die uitvoering van hierdie plan gebeur nie. Die Springbokke plaas ook heeltemal te veel vertroue in die skeidsregters se vermoë om die game reg te blaas en soos ons nou weer gesien het (Nic White se ontmanning) as dit nie die geval is nie dan sukkel ons om te herstel. Dalk sou niks van hierdie nie ter sake gewees het as ons nie die pap tydens die Ellis Park Toets op die grond laat val het nie. My genade ons moes die All Blacks daar met 30 punte gestamp het. As is egter verbrande hout en wat Braaidag vieringe aanbetref het die Bokke ten minste my en elke ou wat later gesukkel het om die game te kyk van ‘n babelas gered. *As jy goeie Karoo lam teen ‘n goeie prys het is Kaptein Kortbroek is oop vir ‘n braaimance. Sy besonderhede is in die Landbou Weekblad se hoekie vir eensames beskikbaar. Of nie. The post Rugby Champs upside: Boks no longer in a comfort zone   appeared first on SA Rugby magazine.

×